Welkom by Gideon en die Murg Band se nuwe Webblad!

Ons was ‘n tydjie uit die lug uit en het toe sommer besluit dat ‘n nuwe begin ook tyd is

Die Manne van die Murg Band
Die Manne van die Murg Band

om ‘n nuwe webblad te begin.

Daar is nog baie werk, so verwag dat die webblad opdateer sal word oor die volgende paar maande soos wat nuwe en opwindende dinge gebeur.

So wie en wat wat is die Murg Band?

Gideon van Zyl het vroeg in 2009 begin om met musikante saam te werk om vir hom as ondersteunende band te werk vir sy solo optredes, maar dit het gou geblyk dat die klank en energie wat verleen word deur die samewerking van die besondere musikante ‘n unieke merknaam in die Afrikaanse mark regverdig. Die band is saamgestel uit ervare musikante op elke instrument wat elkeen met hul eie musikale agtergrond ‘n unieke bydrae lewer tot die ervaring wat geskep word.

Sedert die vestiging van die band in 2009, het Murg met hul unieke klanke opspraak gemaak in die musiekwereld. Die band was aktief besig met optredes tot 2012, en onder andere opgetree by die 2010 KKNK in Oudtshoorn.

Gideon van Zyl
Gideon van Zyl

Die stewige repertoire van meer as 20 oorspronklike Afrikaanse liedjies is geskryf deur Gideon van Zyl en die kitaarspeler, Jannie Lategan (ook bekend as Johnny Late).

Hierdie is nie net ‘n kwessie van unieke musikante wat elkeen hul eie stempel wil afdruk op klank nie. Dit is ‘n uitstekende voorbeeld van hoe die finale resultaat meer is as die som van die komponente.

Na ‘n rustydperk gedurende 2013, het Gideon uiteindelik besluit om die debuutcd van Murg getitel “Naak” vry te stel in 2014 en murg is nou terug en weer as Gideon en die Murg Band te sien op ‘n verhoog naby jou.

Luister ook uit vir Murg se opwindende musiek op jou gunsteling radiostasie. Meer inligting sal binnekort volg hieroor.

Intussen kan jy gerus gaan loer by die Reverbnation blad van Murg:

Reverbnation Profiel
Liedjies